Rooies appelleer teen weiering van borg
Oud-landdros Walter Rooies Mostert wil appelleer teen die weiering van borg in Mei vanjaar deur landdros Victor Nyazo in die Katutura-landdroshof. Mostert sê Nyazo het fouteer met die feit dat die staat ‘n sterk saak teen hom het en het weer melding gemaak van wat hy sy foutiewe lasbrief noem. Hy hou ook voet by stuk hy is nie ‘n vlugrisiko nie en sê hy het self teruggekeer Namibië toe na hy twee keer ontsnap het. Hy sê ook hy sal nie met getuies inmeng nie. Sy saak, sedert sy arrestasie in 2015 sloer steeds. Hy word aangekla onder die teenkorrupsie-wet vir bystand aan Suid-Afrikaners om burgerskap te bekom. Verhoordatums sal vandag bepaal word.