Stand van damme vertoon uiters swak
Die jongste dambulletin van NamWater doen niks behalwe kommer wek nie. Bronne vir die sentrale gebied staan op 11,7 persent met Von Bach wat week op week water van die Berg Aukas-kompleks en Swakoppoort ontvang. Von Bach is 9,9 persent vol. In die ooste is bronne op 1,5 persent met Otjivero wat 2,3 persent vol is. Tilda Viljoen is op 2,5 persent en Daan Viljoen op 6,4 persent. Hardap het 765 000 kubieke meter water die week verloor en is tans op 6,6 persent. Die dam sal gesluit word op 5 persent en die teiken is vir môre gestel. By Keetmanshoop is Naute op 36,3 persent en Neckartal op 79,2 persent. By Rehoboth is Oanob 34,6 persent vol.