Ondersoek gelas na voordelige behandeling van ryk gevangenes in KZN
Die Departement van Korrektiewe Dienste ondersoek bewerings oor spesiale behandeling vir welgestelde gevangenes in die Westville-korrektiewe-sentrum in Durban, KwaZulu-Natal. Kommissaris Makgothi Thobakgale het ‘n senior amptenaar aangestel om bewerings te ondersoek oor sekere gevangenes, insluitend die Durbanse sakeman, Thoshan Panday, wat met ‘n 2010 Wêreldbeker-sokker-korrupsieskandaal verbind word, onregverdig voorregte ontvang het. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê die departement bly verbind tot regverdigheid en deursigtigheid in die korrektiewe stelsel: