Park verwelkom bongokalf in groot bewaringsukses

‘n Bongokalf, ook bekend as ʼn bos-eland, het by ‘n safaripark in Bedfordshire, Engeland, aangekom, die eerste geboorte van die spesie daar in meer as tien jaar. Die Bongo is een van die mees kritiek bedreigde diere op die planeet en daar is eenstemmigheid die geboorte by die Woburn-safaripark is ‘n groot sukses vir globale bewaringspogings. Die kalf se pa, Sonny, het verlede jaar by Woburn aangekom as deel van ‘n bedreigde spesiebestuursprogram. Die oostelike bergbongo word as kritiek-bedreig geklassifiseer met bevolkings wat drasties ly onder stropery en habitatverlies.