30% van Afrika se woude verdwyn weens uitkapping, houthandel

Die Afrika-unie sê sowat 30-persent van Afrika se woude is besig om vinnig te verdwyn weens onwettige uitkapping en houthandel. Afrika se tropiese reënwoude waar die meeste onwettige uitkapping voorkom, is die koolstofrykste ekostelsels wat tussen 150- en 300-ton koolstof per hektaar kan opgaar. Een die van ergste oortreders is die Demokratiese Republiek die Kongo waar meer as ‘n miljoen hektaar woude van 2010 tot 2020 jaarliks vernietig is. Dit is die derde hoogste koers van uitwissing in die wêreld na China en Brasilië.