Kenner sê oor boggelrugwalvis en stranding 

Die boggelrugwalvis wat by die kus gestrand het, is vrek en is dieper in die see ingesleep. Die dier was maer en uitgeteer. Strandings was nie werklik ‘n tendens aan Namibië se kus nie en raak nou ‘n algemene verskynsel. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia gepraat oor die redes vir die voorkoms van die diere op ons kuslyn.