Transnet, hawens kry die nodige aandag

Die minister van Vervoer Barbara Creecy sê daar word gewerk aan die verbetering van Suid-Afrika se hawe-doeltreffendheid en om Transnet se inkomste te verhoog. Sy het op ‘n nuuskonferensie van die ANC se nasionale uitvoerende komitee gesê ‘n oorlogskamer vergader daagliks om operasionele uitdagings te hanteer. Creecy beklemtoon die belangrikheid om Transnet se kapasiteit uit te brei. Daarby noem sy vordering met die verbetering van spoorvolumes en hawe-prestasie om te voldoen aan die toenemende vraag: