Britte moet hulle verbind tot rol in slawehandel

Statebondleiers, wat ‘n week lange spitsberaad in Samoa afgesluit het, sê die tyd het gekom vir ‘n bespreking oor of Brittanje hom moet verbind tot vergoeding vir sy rol in die transatlantiese slawehandel. Slawerny en die bedreiging van klimaatsveranderring was die belangrikste temas vir verteenwoordigers van die 56 lande in die groep, waarvan die meeste bande het met die Britse ryk, by die Vergadering van Statebond-regeringshoofde wat Maandag in die Stille Oseaanland begin het.