Weiding vergelyk met dit van 2012

Namibia Rangelands se jongste weidingskaart toon dat weidingtoestande regoor die land uiters sleg is. Maar, daar is ook ‘n kaart wat die huidige toestande met die van 2012 vergelyk en afwykings tussen dan en nou is gemeet. Kommerwekkend is dat die afwyking uiters laag is wat beteken dat in 2012, weiding regoor die land uiters swak was. Afwyking is die laagste in die verre suidoostelike gebiede sowel as die sentraal noordooste. Die Namibiese Kamer van die Omgewing het vroeër gewaarsku dat toenemende hitte, graslande en wiedingsgroei sal verswak.