Aussies skort verbod op David Warner op

Australië se beheerliggaam het die lewenslange leierskapsverbod op die veteraan-kolwer David Warner opgehef. Hy is ook vir ‘n jaar uit die spel verban vir sy aandeel aan die balpeuter-skandaal in Kaapstad in 2018. Warner was onderkaptein vir die toets teen die Proteas, en hy en kaptein Steve Smith is albei geskors omdat hulle die bouler Cameron Bancroft aangemoedig het om die bal te skaaf met skuurpapier. Warner het vroeër vanjaar uit internasionale krieket getree, maar mag nou plaaslike spanne aanvoer.