Gebied-spel wedstryd vanaand in Dublin

Die Leeus gaan die gebied-spel speel teen Leinster in Dublin in vanaand se die kragmeting tussen die voorste twee spanne op die Verenigde Rugbykampioenskap-punteleer. Die losskakel Kade Wolhuter keer terug na die opdrafspan met sy ervare skopstewel. Die aanvallende losskakel Sanele Nohamba begin weer op die bank. Voorlangs word die span versterk met die terugkeer van vaskopstut Asenathi Ntlabakanye. Rynhardt Jonker en Henco van Wyk is die senters en Marius Louw skuif bank toe. Afskop is vanaand kwart oor ses.