Iran sê aanvalle afgeweer, behou reg om terug aan te val

Iran sê sy lugverdedigingstelsel het die aanvalle deur Israel afgeweer en daar is geringe skade aangerig. Beeldmateriaal ondersteun die standpunt. Dit kom na Israel oornag aanvalle op die land geloods het in weerwraak van die aanval deur Iran op 1 Oktober. Iran sê verder hy behou die reg om te vergeld vir die aanval. Die VN het nog geen verklaring in die verband uitgereik nie maar die VSA sê hy staan by Israel en sal hom verdedig indien Iran op ‘n terugaanval besluit. Daar word verwag dat die olieprys wel sal reageer wanneer markte begin oopmaak maar die kommoditeit het met 4 persent in die afgelope week gestyg en verhandel net onder 76 Amerikaanse dollar ‘n vat.