Prokureur rig waarskuwing aan prins AndrewAugust 11, 2021
Die prokureur van die vrou wat Prins Andrew in New York dagvaar vir seksuele misbruik, David Boies, sê die saak deur sy kliënt Virginia Giuffre, sal nie weggaan nie. Prins Andrew het nog geen kommentaar oor die aangeleentheid gelewer nie maar sê hy kan Giuffre glad nie onthou nie. Die saak spruit uit Andrew se vriendskap met Jeffrey Epstein en daar is foto’s van Andrew met Giuffre. Boies sê die feite sal wel deur jurie aangehoor word en die kwessie kan nie deur stilte beantwoord word nie.