Venezuela is boos vir Brasilië oor BRICS 

Venezuela het Brasilië se besluit veroordeel om dié land se toelating tot die BRICS-groep van opkomende ekonomieë te veto. Venezuela se ministerie van Buitelandse Sake beskryf dit as immorele aggressie. Die verhouding tussen die twee linksgesinde regerings het verswak sedert Venezuela se betwiste presidentsverkiesing in Julie. Die Russiese president Vladimir Putin wat die beraad aangebied het, sê Venezuela sal slegs toegelaat word indien BRICS-lede eenparig toestemming gee. Die jongste beraad word beskou as ʼn geleentheid vir Putin om te wys pogings om Rusland af te sonder oor sy inval in Oekraïne, het misluk.