Namibië by COP29 – minder praat en meer doen

Namibië gaan COP29 bywoon vanaf 11 tot 22 November in Baku, Azerbeidjan, na uiters goeie ondersteuning wat byna 1,8 miljoen Namibiese dollar beloop. COP29 is die 29ste sitting van die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering. Deel van die geldelike ondersteuning van Namibië se afvaardiging was ‘n miljoen dollar van die Omgewing Beleggingsfonds, Bank Windhoek wat 300 000 dollar geskenk het en Climate Fund Managers 100 000 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham, wat sê daar moet minder gepraat en meer gedoen word.