Veeteelt kan deel wees van klimaatoplossings

Die klimaatafgevaardigde in die kantoor van die Keniaanse president, Ali Mohamed, sê veeteelt moet gesien word as deel van die stryd teen klimaat- en omgewingskrisisse. Die veesektor verteenwoordig 30- tot 40-persent van die totale bruto binnelandse produk in Afrika. Mohamed sê in ‘n meningsartikel vir Aljazeera verbeterde landbougrondbestuur en die aanvaarding van klimaatslim-voerpraktyke kan vee-verwante uitlatings aansienlik verminder. Hy voeg by die integrasie van klimaat-bestande voer in weidingstelsels sal produktiwiteit en omgewingsuitkomste verbeter.