SA-onderwys gereed vir matriek-eksamen 

Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê haar departement is gereed vir die 2024 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Die matriekeksamen begin vandag met 882 336 kandidate van reg oor Suid-Afrika. ‘n Verdere 16 400 leerders van privaat skole en instansies sal die Onafhanklike Eksamenraad-eksamen aflê. Gwarube sê die eindeksamen is verteenwoordigend van ‘n gesamentlike poging deur die onderwysstelsel, skole, gemeenskappe en die departement: