A1 is klaar, word amptelik geopen

Die Paaie-owerheid sal die Windhoek-Okahandja-dubbelsnelweg formeel op 1 November by die Gross Barmen-wisselaar in Okahandja open. President Nangolo Mbumba sal ook teenwoordig wees by die bekendstelling van die multimiljard-dollar-padprojek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hilleni Fillemon, die owerheid se woordvoerder, wat meer inligting verskaf.