Mudge sê ECN moet geskors word

Die Republikeinse Party sê hy veroordeel die Namibiese Verkiesingskommissie ten sterkste met die aanstelling van Ren-Form om die plaaslike stembriewe te verskaf. Die party se president Henk Mudge sê die rekord van die kommissie is nie goed nie en word algemeen beskou as ‘n organisasie met min indien enige integriteit. Met al die inligting wat veral die afgelope drie dae aan die lig gekom het rakende die besoeke deur senior Swapo-amptenare en ministers aan die maatskappy, bevestig dit dat die integriteit van die komende verkiesings bedreig word. Mudge sê die kommissie se personeel moet geskors word.