Stel verkiesing uit, eis NEFF oor Ren-Form

Die Namibia Economic Freedom Fighters wil hê die regering moet die komende verkiesings uitstel. Dit is weens die Verkiesingskommissie se toekenning van die stembrief-tender aan die omstrede Suid-Afrikaans-gebaseerde maatskappy. NEFF adjunkpresident Kalimbo Iipumbu eis in ‘n verklaring dat die verkiesing uitgestel word totdat Namibiërs gewaarborg is van ‘n geloofwaardige, deursigtige en vrye verkiesing. Iipumbu vra dat die tender herroep en ‘n deursigtige openbare bodproses heringestel word.