Deveney-beskuldigde vra sielkundige waarneming

Die Landdroshof in Caledon in die Wes-Kaap gaan op 25 Oktober die aansoek oorweeg van die jong beskuldigde in die moord op ‘n 16-jarige skoolmeisie om vir sielkundige waarneming gestuur te word. Deveney Nel is in Augustus by die Hoërskool Overberg vermoor, en haar 17-jarige skoolmaat is aangekeer kort nadat hy haar gedenkdiens bygewoon het. Dit het later bekend geword hy is in 2020 beskuldig van die seksuele aanranding op ‘n 11-jarige meisie, maar is nie vervolg nie omdat hy ‘n gebrek aan misdadige vermoë gehad het.