Vereniging van Uitsaaiveterane kry wyd steun

Die Vereniging van Uitsaaiveterane is amptelik in die hoofstad bekendgestel. Die vereniging gee aan van die mees ervare stemme in die uitsaaibedryf ‘n geleentheid om hulle passie verder te voer en die jonger generasie op te lei. Volgens Kolie van Koller, die stigter en sameroeper van die groep, sal hulle vroeg volgende jaar begin met opleiding. Walvis Bay Salt is die hoofborg sowel as Multichoice Namibia. Roger Gertze, die besturende direkteur van Multichoice, het sy ondersteuning so verwoord.

Bekende Suid Afrikaanse komediant, Leon Schuster, het ook ‘n woord van bemoediging gegee aan die veterane.