Kanadese burger sal tereggestel word in China

‘n Chinese hof het ‘n appèl aansoek deur ‘n Kanadese burger teen sy doodstraf van die hand gewys. Robert Lloyd Schellenberg se doodsvonnis bly staan omdat die hof bevind het die klagte teen hom is voldoende. Hy is skuldig bevind aan dwelmsmokkelary en is 15-jaar tronkstraf opgelê maar, die Chinese owerhede het appèlleer en die hof het bevind dat die vonnis nie swaar genoeg was nie en hom ter dood veroordeel. Die verhouding tussen China en Kanada is op die oomblik gespanne na die uitlewering van die Huawei-baas Meng Wanzhou. Sy word op die oomblik in Kanada aangehou terwyl ‘n uitlewering-aansoek voortduur.