Voertuigverkope ‘n positiewe ekonomiese aanwyser

Voertuigverkope vir September dui goeie syfers aan vir ligte kommersiële voertuie met ontledings wat toon dat tot dusver vanjaar, uit ‘n totaal van 9 471 voertuie, was 4 666 ligte kommersiële voertuie en 581 medium en swaar kommersiële voertuie. Kosmos 94.1 Nuus het by die deurwinterde sakeman dr. Leake Hangala aangeklop oor die positiewe ekonomiese aanwyser. Hy is optimisties.