Kommer oor toenemende mensehandel-, dwelmkartel-swendelary in SA

Die burgerlike samelewingsorganisasie, Baagi ba Suid-Afrika, is besorg oor toenemende mensehandel- en dwelmkartel-swendelarye wat Suid-Afrikaners teiken. Inligting deur die internasionale betrekkinge departement toon 680 Suid-Afrikaners is in 2023 in die buiteland vir dwelmoortredings aangehou. Die organisasie het in ses jaar 36 Suid-Afrikaanse dwelmmuile met hul gesinne herenig. Stigter Glory Matipile beklemtoon baie slagoffers doen aansoek vir werk in die buiteland, wat hulle maklike teikens maak vir smokkelskemas en swendelary op sosiale media.