Trump maak kommerwekkende uitlatings

Donald Trump se jongste aanmerkings het kommer laat ontstaan. Hy sê Amerikaners wat gekant is teen hom, is “radikaal-linkse kranksinniges” en “die vyand van binne”. Trump sê die vyand van binne is gevaarliker as China en Rusland. Hy voeg by hy nie verwag enige van sy ondersteuners om op verkiesingsdag onrus te veroorsaak nie en stel voor die nasionale veiligheidsagentskap of die weermag moet sulke situasies hanteer. Trump se ondersteuners het op 6 Januarie 2021 die Capitol-gebou aangeval in ‘n poging om te keer dat Joe Biden president word.