SA se afhanklikheid van brandstofinvoere wek kommer

Transnet waarsku Suid-Afrika se groeiende afhanklikheid van brandstofinvoere, wat 61-persent van voorraad uitmaak, skep die gevaar vir tekorte. Die logistieke groep wys op die behoefte aan verbeterde infrastruktuur om brandstof te berg en te vervoer. Transnet sê die land se raffineringsvermoë het gedaal weens die sluiting van raffinaderye en strenger brandstofstandaarde. Hy beplan beleggings in Durban se hawe, insluitend bergingstenks, en ‘n pypleiding vir stralerbrandstof.