Smithsonian ontvang twee reusepandas

Die Smithsonian-nasionale dieretuin wag vandag op die aankoms van twee reusepandas, Bao Li en Quing Bao uit China. Die twee is die eerste pandas wat China in 24 jaar na Washington gestuur het. Die driejarige pandas word vir tien jaar aan die dieretuin geleen. Bao Li het sterk familiebande met Washington want sy ma, Bao Bao is in 2013 in die dieretuin gebore en is vier jaar later na China teruggestuur. Sy grootouers, Meixiang en Tian Tian het vir 23 jaar in die dieretuin gebly.