Voertuigverkope vir September so-so… 

In sy jongste verslag sê IJG Sekuriteite dat 988 nuwe voertuie in September verkoop is, 0,8 persent minder as die 996 eenhede wat in Augustus verkoop is en 5,2 persent minder as die 1 042 voertuie in September verlede jaar. Die makelaarsfirma sê dat 9 471 voertuie tot dusver vanjaar verkoop is, 211 minder as verlede jaar. Van die voertuie was 4 224 sedan voertuie, 4 666 was ligte kommersiële voertuie en 581 medium en swaar kommersiële voertuie.