NWR se Sossusvlei-pendeldiens nou vanaf Sesriem-kampterrein

Namibia Wildlife Resorts het aangekondig dat hy van môre af nie meer sy pendeldiens vanaf die 2×4-area in Sossusvlei sal bedryf nie, maar ekslusief vanaf die Sesriem-kampterrein. Kliënte wat reeds vervoerbewyse of kaartjies na Dooievlei bespreek het, sal nou vanaf die Sesriem-kampterrein vervoer word. Belangstellende reisigers word versoek om hul pendelkaartjies by die kampterrein te koop. Dit kom na die omgewing-ministerie die kontrak vir ’n pendeldiens na Sossusvlei aan ’n private maatskappy, Grow Namibia, toegeken het nadat hy NWR gediskwalifiseer het omdat hul tender ná die sperdatum ingedien is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NWR se woordvoerder, Nelson Ashipala, wat uitbrei.