SA ekonomie kan 3,5% groei weens geen beurtkrag

Die minister van Energie en Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê ononderbroke kragtoevoer kan die Suid-Afrikaanse ekonomie in die volgende 18- tot 24-maande met 3,5-persent laat groei. Hy sê die Buro vir Ekonomiese Navorsing aan die Universiteit Stellenbosch het dit bevestig. Ramokgopa sê die afgelope drie jaar het ‘n gesamentlike strategie deur die Presidensie en die Nasionale Tesourie, Operasie Vulindlela, strukturele en ekonomiese hervormings versnel om groei te bevorder.