Sabalenka, Gauff takel mekaar by Wuhan Ope

Tennis: Vanjaar se Amerikaanse Ope-kampioen, Aryna Sabalenka van Belarus, speel vandag teen die wenner die vorige jaar, die Amerikaner Coco Gauff, in die halfeindstryd van die Wuhan Ope in China. Topgekeurde Sabalenka het maklik in die kwarteindronde klaargespeel met Magdalena Fręch van Pole met 6-2, 6-2. Gauff het vroeër nog ’n Poolse speler, Magda Linette, in skoon stelle getroef. Indien Sabalenka die toernooi wen sal dit haar kans verstewig om voor die einde van die jaar die eerste plek op die wêreldranglys by Iga Swiatek van Pole oor te neem.