Protes in Ghana teen onwettige goudmyne
Honderde mense het Vrydag deur Ghana se hoofstad Accra opgeruk in ‘n vreedsame protes teen ongelisensieerde goudmynery, en ‘n beroep op owerhede gedoen om op te tree teen die gevaarlike en omgewingskadelike praktyk. Onwettige kleinskaalse goudmynbou, bekend as “galamsey” in Ghana, het toegeneem ná ‘n byna 30 persent styging in globale goudpryse. Kleinskaalse myne het in die eerste sewe maande van vanjaar 1,2 miljoen onse goud geproduseer, meer as in die hele 2023, volgens data van Ghana se mynbousektorreguleerder. Die bedryf benadeel egter mynwerkers se gesondheid, besoedel waterweë, vernietig woude en kakaoplase, en stook misdaad.