Landbou ‘moet aanpas by klimaatsverandering’
Die Omgewingsbeleggingsfonds het sy eerste Ekonomie- en Klimaatsveranderingsdialoog in Windhoek aangebied. Die geleentheid het gefokus op die versterking van die kapasiteit van die land se omgewingsekonomie en natuurlike hulpbronekonomie, veral in die konteks van klimaatsverandering. Die dialoog het ten doel gehad om vaardigheidsgapings te identifiseer en strategieë te ontwikkel om nasionale vermoëns op hierdie kritieke gebiede te verbeter. Die omgewingsekonoom dr. Michael Humavindu het ‘n oorsig van die Namibiese klimaat gegee. Hy sê klimaatdata beklemtoon beleggingsgeleenthede in die land. Landbougroei verlangsaam jaarliks met 1 persent en as daar geen aanpassing by die klimaat is nie, sal uitset aanhou daal.