Privaatsektor nodig by SA hawens
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vragversenders sê die onlangse hofbeslissing oor die Durban Houerkaaiterminaal Twee beklemtoon die deurslaggewende rol van die privaatsektor in die land se logistieke netwerk. ‘n Interdik is in Hooggeregshof in Durban verkry teen die ooreenkoms van Transnet met die Filippynse maatskappy International Container Terminal Services, vir die opgradering, uitbreiding en bedryf van die terminaal. Jacob van Rensburg sê dit is ‘n geleentheid om die raamwerk vir privaatsektor beleggings en mededinging tussen hawens te herontwerp en te versterk.