Maklike oorwinnings vir Sinner, Alcaraz in Sjanghai

Tennis: Die twee top spelers in die wêreld, Jannik Sinner van Italië en die Spanjaard, Carlos Alcaraz, het min moeite ondervind in hulle ronde van 16 wedstryde by die Sjanghai Meesters in China. Sinner het die Amerikaner, Ben Shelton, met 6-4, 7-6 verslaan terwyl Alcaraz in skoon stelle wraak geneem het teen die Franse veteraan, Gaёl Monfils, wat hom in Augustus in Cincinnati geklop het. Die Rus, Daniil Medvedev, het Stefanos Tsitsipas van Griekeland uitgeskakel vir ʼn afspraak met Sinner in die kwarteindronde.