Sergio García weer lus vir Ryderbeker

Gholf: Die kaptein van die Europese Ryderbekerwenspan, Luke Donald, sê Sergio García oorweeg dit om weer by die DP World-toer aan te sluit sodat hy beskikbaar is vir volgende jaar se Ryderbekertoernooi. Die Spanjaard het laasjaar uit die DP World-toer bedank ná ‘n sportarbitrasiepaneel beslis het die strafmaatreëls teen diegene wat by LIV Golf aangesluit het, was gepas. García was afwesig toe Donald se Europese span die Amerikaners in Rome geklop het. Donald sê García besef wat vereis word.