Waterskaarste sal nuwe normaal word

Die Wêreldklimaatorganisasie sê die kombinasie van langdurige droogtes en vernietigende oorstromings in 2023 kan toegeskryf word aan die klimaatskrisis en die natuurlike voorkoms van die La Niña- na El Niño-oorgang. Volgens die organisasie se verslag oor die Stand van Wêreldwye Waterbronne was verlede jaar die droogste vir riviere wêreldwyd in 30 jaar, terwyl gletsers die grootste massaverlies in 50 jaar ervaar het. Die sekretaris-generaal van die organisasie, Celeste Saulo, sê die ys en gletsers wat smelt bedreig langtermyn watersekerheid vir miljoene mense.