Hlope se plaasvervanger moet eers wag

Die Nasionale Vergadering het bekendgemaak hulle kan nie voor die regtersonderhoude ʼn plaasvervanger op die Regterlike Dienskommissie vir die adjunkpresident van die MK-party, John Hlophe, aanstel nie. Dit volg nadat die party Hlophe se benoeming uit die RDK teruggetrek het. Die Parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê hoewel die proses om ʼn nuwe lid aan te wys sal begin, beteken die tydsberekening met die bedanking dat geen plaasvervanger vir die huidige reeks onderhoude aangestel kan word nie: