Vlug met 40 witrenosters verlaat Namibië

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat die Air Atlanta Boeing 747 met 40 Namibiese witrenosters aan boord, vanaf die Hosea Kutako Internasionale Lughawe vertrek het en reeds uit Namibiese lugruim is. Die renosters gaan na drie nuwe eienaars in Texas en is verkry van Jaco Muller van Kifaru Luxury Lodge and Bush Camp. Texas is baie soortgelyk aan sentraal Nambië, maar sonder droogtetoestande, en word beskou as uiters geskik vir die hervestiging van Namibiese diere.