Sokkerspeler Marco Curto gestraf vir rassisme

Sokker: Die Italiaanse doelskieter, Marco Curto, gaan sy volgende vyf wedstryde misloop. Hy is vir tien wedstryde geskors omdat hy die Suid-Koreaanse voorspeler, Hwang Hee-can beledig het toe sy klub, Como, in Julie in ’n voorseisoen vriendskaplike wedstryd teen Wolverhampton Wanderers gespeel het. Die helfte van die straf is vir twee jaar opgeskort. Curto word tans deur die Serie B-klub, Cesena, geleen. Volgens FIFA moet hy gemeenskapsdiens verrig en opleiding en onderrig ondergaan by ʼn organisasie wat die wêreld-beheerliggaam goedkeur.