Lifeline sê oor hemelhoë selfmoordsyfer

Die hoë selfmoordsyfer in Namibië wek al lank kommer, en NamPol se naweekmisdaadverslag het ses selfmoorde aangeteken. Volgens plaaslike media word daar gemiddeld een selfmoord per dag in Namibië gepleeg. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shamyn Louw, die koördineerder van die beradingsentrum Lifeline Childline. Sy sê dat sogenaamde “einde-van-die-jaar uitputting” ‘n groot rol in geestesgesondheid speel. Louw beklemtoon dat hul dienste vir almal beskikbaar is en lede van die publiek moet die tolvrye nommer 116 skakel.