Whk loop weer waterbesparingsteikens mis, sentrale damme op 12,5%
Stad Windhoek het sy kommer uitgespreek oor inwoners wat maand op maand versuim om waterbesparingsteikens te behaal. Volgens die jongste verslag is net 7 persent tussen 30 September en 8 Oktober behaal met ‘n teiken van 15 persent. Die stand van die damme is power met die drie sentrale damme wat op 12,5 persent staan. Windhoek maak staat op boorgate en sy aller belangrike akwifer vir watervoorsiening, saam met herwinde water.