Net 3 uit 21 behuisingsprojekte toon vordering

The Brief berig die regering se massabehuising ontwikkelingsprogram regoor Namibië staar groot vertragings in die gesig, met slegs drie uit 21 projekterreine wat enige vordering toon, alhoewel dit ook nog onvoltooid is. Tydens sy besoek aan die nuut geïnisieerde Otjomuise Uitbreiding 10, het die lynminister Erastus Uutoni gesê dat die projek tans 362 onvoltooide eenhede het. Boonop het Opuwo 24 onvoltooide huise, terwyl Swakopmund, wat voorheen 505 onvoltooide eenhede gehad het, het nou 186 oor nadat 319 tussen Oktober 2022 en Junie 2023 voltooi is.