SA se Kira wat wêredtitel in kanovaart verower

Die Suid-Afrikaanse roei-ster, Kira Bester, het die algehele Wêreldtitel verower by die Wêreldkampioenskap vir Oseaanwedvaart vir Kano’s in Madeira, Portugal. Die 22-jarige het die wedvaart van 21 kilometer in net minder as twee uur afgelê en mede-Suid-Afrikaner, Michelle Burn, met 22 sekondes verslaan. Ana Swetish van Amerika was derde. Bester beskryf haar oorwinning as ʼn droom wat bewaarheid is.