Aansoeke vir Noorweegse kwotas sluit 11 Oktober 

Die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad nooi kwalifiserende abattoirs uit om aansoek te doen vir die Noorweegse beesvleiskwota vir 2025. Die raad nooi veral nuwe rolspelers om aansoek te doen. Die kwota van 1 600 ton vleis kan gedeel word. Die raad vra aansoekers om teen 11 Oktober aansoek te doen en maan rolspelers dat hulle reeds goedgekeur moet wees vir verslagting sowel as uitvoere na Noorweë.