SA-vakbonde in motor- en vervoerbedrywe ruk Maandag op

Suid-Afrika se Motorvervoerwerkersvakbond sê hulle staan saam met Fedusa wanneer hulle Maandag op die Nasionale Dag van Aksie standpunt inneem. Vakbond-woordvoerder, Masechaba Kobola, sê Fedusa beplan ʼn optog oor werkers se swaarkry weens swak regeringbestuur. Sy sê tensy iets gebeur sal die stryd om beter werksomstandighede van geslag tot geslag voortduur.