Sabalenka bereik kwarteindronde in Beijing

Tennis: Die wêreld nommer twee, Aryna Sabalenka van Belarus, het haar 15de agtereenvolgende wedstryd gewen om die kwarteindronde van die Chinese Ope te bereik. Die topgekeurde het maklik afgereken met die Amerikaner Madison Keys en kom volgende teen die Tsjeggiese speler Karolina Muchova te staan vir ʼn plek in die voorlaaste ronde. Die Amerikaanse Ope-kampioen sal ʼn belangrike stap nader beweeg om Iga Swiatek aan die bopunt van die ranglys verby te steek indien sy die toernooi inpalm. Swiatek speel nie in Beijing nie.