Laerskool in Kavango staak eers klasse na vakbond amok maak oor toilette

Die direkteur van onderwys in Kavango Oos, Christine Shilima, het klasse by Ndama Junior Primêre Skool onbepaald opgeskort weens sanitasiekwessies. Dié optrede het gekom nadat die Namibië Nasionale Onderwysersunie, Nantu, gedreig het om die skool in Rundu te sluit weens sy stukkende toilette en gebrek aan water, wat die afgelope drie weke voortduur. Nantu ondersoek ook ‘n ander skool wat soortgelyke toestande ondervind, met planne om dit te sluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Thomas Niilonga, adjunk-sekretaris-generaal van Nantu, gepraat.