Rabada gaan Bangladesj toe

Die Protea-snelbouler Kagiso Rabada is terug in die span nadat toetsafrigter, Shukri Conrad, ’n groep van 15 aangekondig het vir volgende maand se reeks van twee wedstryde teen Bangladesj. Die Proteas kom op 16 Oktober in Dhaka aan en die eerste wedstryd begin vyf dae later. Rabada sal die snelaanval lei wat die tweetal van Westelike Provinsie, Nandré Burger en Dane Paterson, insluit. Conrad verwag nie speeltoestande wat gunstig sal wees vir snelboulwerk nie